Pharos Tuis | pharos.co.za » | PharosAanlyn » | Veel Voorkomende Vrae
Kies Lyste »
Lyste
X
Sluit die volgende lyste in:
Woordelys
Afkortingslys
Buitelandse geografiese name
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Belangrike gebruiksinligting oor die Woordelys »

< Terug

Veel Voorkomende Vrae (VVV’s)
Wat is op hierdie blad beskikbaar?
Die amptelike woordelys, afkortingslys en lys van buitelandse geografiese name, soos saamgestel en goedgekeur deur die Taalkommissie. Hierdie lyste is aanvanklik oorgeneem uit die tiende, verbeterde en omvattend herbewerkte 2009-uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS; uitgegee deur Pharos), maar word deurlopend deur die Taalkommissie verbeter en uitgebrei Jy kry dus op hierdie blad die nuutste weergawes van hierdie lyste. Lees gerus ook meer oor elke lys deur ʼn lys te kies en dan te klik op die skakel langs die lysnaam (die skakel lees telkens: “Belangrike gebruiksinligting oor die XX” met die gekose lys se naam in “XX” se plek).
Waarom word sommige inskrywings in blou, groen en rooi vertoon?
In die lys buitelandse geografiese name word die pleknaam in blou vertoon, die byvoeglike naamwoord wat van die pleknaam gevorm kan word in groen, en die inwoner van die plek ter sprake in rooi.
Wie het hierdie lyste saamgestel?
Die AWS (en dus ook die lyste wat op hierdie blad beskikbaar is) word saamgestel deur die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in opdrag van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad met tegniese samewerking van die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®).
Waar kan ek meer uitvind van die werksaamhede van die Taalkommissie?
Besoek gerus die volgende twee Wikipedia-blaaie vir meer inligting oor die Taalkommissie en die AWS:
http://af.wikipedia.org/wiki/Taalkommissie
http://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaanse_Woordelys_en_Spelreëls
Waarom kom die spelreëls, wat ook vervat is in die AWS, nie op hierdie blad voor nie?
Die lyste op hierdie webblad dien as aanvulling tot die AWS en nie as ʼn vervanging van die AWS nie. Jy kry dus hier gratis, onverrykte weergawes van die woordelyste van die AWS wat maklik elektronies deursoekbaar is. Hierdie woordelyste word minstens twee maal per jaar (na elke Taalkommissiesitting) bygewerk, sodat gebruikers op hoogte kan bly van nuwe toevoegings tot en veranderings aan die lyste.

In die toekoms gaan ʼn verrykte weergawe van hierdie lyste (wat bekend sal staan as die e-AWS) beskikbaar gestel word teen ʼn jaarlikse fooi. Dit sal gebruikers in staat stel om ook die spelreëls wat in die AWS vervat is, te raadpleeg. Die e-AWS sal ook ander nuttige lyste (soos die transliterasietabel vir die Cyrilliese (Russiese) alfabet) en addisionele funksionaliteite bevat. Meer inligting oor die e-AWS sal in 2011 beskikbaar gestel word.
Hoe kan ek met die Taalkommissie in verbinding tree om vrae te stel of kommentaar te lewer oor hierdie blad?
Die Taalkommissie het hul eie Facebookblad vir interaksie met eindgebruikers: http://www.facebook.com/pages/Die-Afrikaanse-Taalkommissie/117107075012596 . Hierdie blad het ten doel om gebruikers insae te gee in die werksaamhede van die Taalkommissie en ook om kommentaar te lewer op sake waarmee die Taalkommissie hulle bemoei. Gebruik ook gerus dié Facebook-blad om kommentaar op hierdie blad ( www.woordelys.co.za ) te lewer. Gebruikers is ook welkom om daar taalkundige of ander vrae te stel aan die TK-lede. Hierdie vrae sal so spoedig moontlik beantwoord word.

Gebruikers wat nie toegang het tot Facebook nie, kan vrae en voorstelle stuur aan Suléne Pilon by [email protected] .
Nuttige skakels
© 2010 Pharos
Webwerf gebou deur TeDJe